Page 27 - Intra Muros December Issue 2023
P. 27

ONS WINKEL
     ONS WINKEL




    PRETORIA-OOS
     PRETORIA-OOS





      Wie is ons?




      Ons Winkels is die skenkingswinkels van Solidariteit

      Helpende Hand. By die winkels landswyd kan lede van die
      publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels,

      kombuisware, linne en klere – maak. Die winkels ontvang die

      skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen
      bekostigbare pryse aan die publiek.




      Op die manier skep ons volhoubare besighede.
      Uit die opbrengs van die verkope word verskeie projekte in

      die gemeenskap befonds. Dit sluit in: studiebeurse,

      maatskaplikeondersteuning, voedingskemas, en meer.



      Enige items wat in jou huis rondlê en nie gebruik word nie,

      kan omskep word in ‘n ete vir ‘n honger kind.



      Ons Winkel Pretoria Oos is in die Lifestyle Sentrum, langs

      Makro.



      Ons ontvang graag u skenkings en ons laai selfs skenkings

      op! Kontak ons gerus om oplaai van skenkings te skeduleer
      wanneer u tydens die feesseisoen bietjie regpak en

      skoonmaak by die huis.



      Kom kyk gerus by Ons Winkel vir kwaliteit tweedehandse en

      antieke items!



                                                                KONTAK ONS




                                                           Lizel Smith: 082 419 1635
   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32